Moedertaal

My moedertaal
Klink in die kwarts,
My moeder sing
In wit en swart
En rooi en bruin
En okergeel,
Sy lees die beelde op die steen
As sy haar ossewa stuur voort
Deur Mafikeng en Elandspoort,
Oor die woestyn en veld en krans,
En in die aande sy dans
Met trom en sterre om die vuur
Op die wal van die Groot Rivier –
My Moeder Afrika.


Рецензии